Friday, October 26, 2012

Hoe om aan kinders te verduidelik hoekom belastingontduiking nie ‘n sleg idee is nie.

Greon het ‘n Groenappelboom

Roi het ‘n Rooiappelboom.

Die groenappelboom het 100 groenappels.

Die rooiappelboom het 20 rooiappels.

Toe die appels mooi ryp is, sê Greon vir Roi – “Ek ruil een groenappel vir een van jou rooi appels. Hulle se dis gaaf – kom ons maak so.

Hulle ruil een appel vir een appel. Hulle is albei gelukkig. Greon is gelukkig want hy is al ‘n bietje moeg om net groenappels te eet – Die rooiappel wat hy nou aan smul is lekker soet.

Roi is gelukkig want hy is al ‘n bietje moeg om net rooiappels te eet – Die groenappel wat hy nou aan hap is het ‘n lekker smaak…hy is al ‘n bietjie moeg vir al die soet.

‘n Dag of twee gaan verby.

Greon sê vir Roi – “Ek is weer lus vir een van jou rooiappels. Ek gee vir jou een van my rooi appels vir een van jou groenes. Roi se – dis ‘n bietjie van ‘n probleem vir my ek het nie meer so baie appels nie. Hoekom gee jy nie vir my drie van jou groenes vir ‘n rooie nie. Greon se dis gaaf, ek het baie appels – kom ons maak so.

Hulle ruil drie rooiappels vir een groenappappel. Hulle is albei gelukkig. Roi is gelukkig want hy het nou drie appels vir sy een appel gekry.

Greon is gelukkig want hy het baie groenappels – hy kan nie voorbly om hulle te eet soos hulle ryp word nie en die rooiappel is darem al te lekker soet.

Net toe hulle die ruiltransaksie aangaan kom Rekkon die dorp se belastingman verbygestap. “Wat gaan hier aan?” vra hy. Nee, ons ruil maar net ‘n paar appels – wil jy ‘n stukkie he. “Ja, gee – ek is honger” se hy. Roi en Greon gee vir hom elk ‘n halwe appel - Roi gee vir hom 'n halwe groenappel en Greon gee vir hom 'n halwe rooi appel. Hulle verduidelik aan hom hoe hul transksies tot dusver verloop het.

Rekkon sê toe: “Greon jy is seker nou ‘n bietje suur omdat die rooiappels duurder geword in terme van die groen appels – ‘n mens moet nou meer groenappels gee om dieselfde hoeveelheid rooiappels te bekom”

Greon antwoord: “Nee, ek is maar te bly om nog rooiappels te kan kry want blykbaar raak hulle ‘n bietjie skaars. Ek is gelukkig met die transaksie. Een rooiappel is vir my meer werd as drie groenappels”

Hy voeg toe by “Maar ek is nou nie meer so gelukkig as wat ek was voordat jy hier aangekom het nie want ek het een hele appel gehad vir my drie appels en nou het ek net ‘n halwe appel vir my drie appels – maar dit maak nie saak nie – honger mense moet ook ietsie kry” se hy gemaak grappenderwys. Hy dink by homself – ‘n halwe rooiappel is amper nie drie groenappels werd nie, dis hoekom ‘n mens maar transksies moet doen waar Rekkon jou nie kan sien nie… as Rekkon elke keer by is sal hy ses groen appels moet gee om een rooi appel vir homself te kry!

Wil iemand nie die storie opvoer as 'n "youtube" video nie!?